Spring na inhoud

20 SEPTEMBER 2018
VERENIGDE STATE

Florence verwoes suidooste van Verenigde State

Florence verwoes suidooste van Verenigde State

Die tropiese storm Florence het gelei tot oorstromings in groot dele van Noord-Carolina, Suid-Carolina en ander state. Florence het begin as ’n kategorie-4-orkaan en ten minste 32 mense is dood in hierdie storm en duisende mense moes hulle huise verlaat.

Die takkantoor in die Verenigde State het laat weet dat geen verkondigers in hierdie storm beseer of dood is nie. Maar meer as 4 000 Getuies moes hulle huise verlaat. Hoewel die storm verby is, is party gebiede nog steeds oorstroom, en daarom kan ’n mens nie by hierdie gebiede uitkom nie. Dit lyk asof 351 huise van ons broers en susters beskadig is, sowel as 21 Koninkryksale.

’n Noodlenigingskomitee (DRC) reël dat ons broers kos, water, klere, blyplek en basiese mediese sorg kry. Daar is twee spanne noodlenigingswerkers wat help om bome wat omgeval het, te verwyder. Die grootste probleem is nou die skade wat veroorsaak is deur die oorstromings. Daarom word vrywilligers van die plaaslike gemeentes en ander plekke genooi om te kom help. Hulle sal onder leiding van die DRC werk. Die plaaslike ouer manne en kringopsieners besoek diegene wat deur die ramp geraak is om hulle aan te moedig.

Ons bid vir ons broers en susters wat deur hierdie moeilike tyd gaan as gevolg van die storm en kyk uit na die tyd wanneer ons nie meer bang hoef te wees nie. — Jesaja 12:2.