Spring na inhoud

11 SEPTEMBER 2017
VERENIGDE STATE

Jongste inligting oor orkaan Irma

Jongste inligting oor orkaan Irma

Ons het nou meer inligting oor hoe dit met ons broers en susters gaan in die Karibiese Eilande en die suidooste van die Verenigde State nadat hierdie gebiede onlangs deur orkaan Irma getref is.

Ongelukkig is ’n bejaarde broer in Florida en een van ons susters in Georgia dood terwyl die gebiede ontruim is. En twee van ons broers is beseer in Tortola, die grootste eiland van die Britse Maagde-eilande. In die Karibiese Eilande is altesaam 40 huise erg beskadig en ten minste 40 van ons broers moes hulle huise verlaat. Daar word nog vasgestel presies hoeveel skade deur die storm aangerig is namate die broers toegang tot gebiede verkry wat deur die storm verwoes is.

Ons bid vir diegene wie se geliefdes gesterf het en ook vir almal wat deur die storm geraak is. Ons is dankbaar vir die vertroosting wat Jehovah ons deur middel van die gemeente gee. — 1 Tessalonisense 3:7.

Mediaverteenwoordiger:

David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000