Spring na inhoud

24 OKTOBER 2016
VERENIGDE STATE

Getuies koördineer noodlenigingspogings ná die orkaan Matthew

Getuies koördineer noodlenigingspogings ná die orkaan Matthew

Jehovah se Getuies werk hard om hulle medegelowiges en ander slagoffers van die orkaan Matthew te help. Die orkaan het die Bahamas, die Karibiese Eilande en die suidoostelike deel van die Verenigde State vroeg in Oktober 2016 getref.

Ongeveer die helfte van die 1 400 Getuies van Jehovah in die Bahamas is deur die orkaan geraak. Kos, water en ander noodsaaklike voorrade is na twee plekke gestuur om in hulle onmiddellike behoeftes te voorsien.

In Kuba is 124 huise van Getuies erg beskadig en 31 is heeltemal vernietig.

Meer as 700 Getuies in Haïti moes as gevolg van die orkaan hulle huise verlaat. Altesaam 73 huise van Getuies en 4 plekke van aanbidding is vernietig. Nog 274 huise en 15 plekke van aanbidding is beskadig. Kos en medisyne is aan slagoffers voorsien, en tente is gekoop om as tydelike skuiling te dien.

In die Verenigde State het die orkaan 125 huise van Getuies beskadig. Verslae toon dat vloedwater die grootste gevaar was omdat die riviere oorstroom het.

Die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies koördineer die noodlenigingspogings vanaf hulle wêreldhoofkwartier en gebruik geld wat bygedra is vir die Getuies se wêreldwye werk. David A. Semonian, ’n woordvoerder van Jehovah se Getuies, sê: “Alhoewel geen Getuies hulle lewe verloor het nie, het ons empatie met diegene wie se geliefdes in hierdie ramp gesterf het.”

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, 1-718-560-5000

Bahamas: Maxwell Dean, 1-242-422-6472

Haïti: Daniel Lainé, 509-2813-1560

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000