Spring na inhoud

8 SEPTEMBER 2017
VERENIGDE STATE

Berigte oor orkaan Irma

Berigte oor orkaan Irma

Die storm, wat op 5 September 2017 land bereik het, is een van die sterkste orkane wat nog ooit in die Atlantiese Oseaan aangeteken is. Dit het reeds baie van die eilande in die Karibiese See verwoes. Sover is daar nog nie berig dat enige van ons broers of susters in die storm beseer is of gesterf het nie. Een Koninkryksaal in La Désirade, Guadeloupe, een Koninkryksaal in St. Barts en ’n byeenkomssaal in St. Martin is beskadig.

Die eiland Barbuda is die ergste deur die storm getref, en omtrent 50 persent van die inwoners van hierdie eiland se huise is verwoes. Die regering het beveel dat al die inwoners, insluitende 11 van ons broers, die eiland moet verlaat en na Antigua moet gaan omdat nog ’n orkaan, José, die Karibiese Eilande oor die naweek sou tref.

Die broers het reëlings getref om noodleniging te voorsien en behuising te organiseer vir broers en susters wat deur orkaan Irma geraak sal word. Orkaan Irma is besig om noordwaarts te beweeg deur die Bahamas, Kuba en die suidoostelike deel van die Verenigde State.

Mediaverteenwoordiger:

David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000