Spring na inhoud

13 MEI 2014
VERENIGDE STATE

Storms saai verwoesting in die sentrale en suidelike deel van die VSA

Storms saai verwoesting in die sentrale en suidelike deel van die VSA

Vanaf 27 April 2014 het ’n baie sterk stormstelsel verwoestende tornado’s veroorsaak wat die sentrale en suidelike deel van die Verenigde State getref het. Die tornado’s het huise vernietig, en volgens berigte het meer as 30 mense hulle lewe verloor. Die takkantoor van Jehovah se Getuies in die Verenigde State het gesê dat geen Getuies gedurende die ramp hulle lewe verloor het of beseer is nie, maar sewe huise is beskadig. Drie plekke van aanbidding wat deur die Getuies gebruik word, is ook beskadig. Komitees van Getuievrywilligers in die gebied verleen bystand aan diegene wat deur die tornado’s geraak is.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000