Spring na inhoud

28 MAART 2014
VERENIGDE STATE

Verwoestende modderstorting in die staat Washington

Verwoestende modderstorting in die staat Washington

Op 22 Maart 2014 is huise in die Snohomish-distrik in Washington, VSA, onder ’n modderstorting van byna twee kilometer wyd begrawe. Plaaslike amptenare sê dat ongeveer 90 mense nog steeds vermis word en 17 gesterf het. Volgens die takkantoor van Jehovah se Getuies in die Verenigde State word een Getuievrou ook vermis. Een Getuie-egpaar het hulle dogter sowel as hulle agterkleindogter aan die dood afgestaan. Twee Getuies moes hulle huise ontruim; die huis van nog ’n Getuie is heeltemal vernietig. Plaaslike Getuie- ouer manne voorsien vertroosting en ondersteuning aan diegene wat deur die ramp geraak is.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000