Spring na inhoud

13 DESEMBER 2017
VERENIGDE STATE

Verwoestende veldbrande nog steeds buite beheer in Suid-Kalifornië

Verwoestende veldbrande nog steeds buite beheer in Suid-Kalifornië

Brandweermanne is nog steeds besig om ses veldbrande in Suid-Kalifornië te bestry. Hierdie brande het alreeds meer as 100 000 hektaar grond afgebrand in die gebiede van Los Angeles, Riverside, San Diego, Santa Barbara en Ventura.

Volgens berigte het 484 verkondigers hulle huise verlaat en die meeste van hulle word deur plaaslike broers of familielede versorg wat in veiliger gebiede bly. Ses huise van ons broers is vernietig en drie ander huise is beskadig. Plaaslike ouer manne en kringopsieners moedig die broers en susters aan deur die Bybel te gebruik en help hulle op praktiese maniere.

Ons hou aan om vir ons broers en susters te bid en ons sien uit na die dag wanneer die woorde in Spreuke 1:33 vervul sal word: “Wat die een betref wat na my luister, hy sal in veiligheid woon en nie deur vrees vir rampspoed versteur word nie.”

Mediaverteenwoordiger:

David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000