Spring na inhoud

2 DESEMBER 2016
VERENIGDE STATE

Jehovah se Getuies verkoop Adamsstraat 69

Jehovah se Getuies verkoop Adamsstraat 69

Op 29 November 2016 het Jehovah se Getuies die verkoop van hulle eiendom by Adamsstraat 69 in Brooklyn, New York, afgehandel. Die gebou het ’n vloeroppervlakte van 7 026 vierkante meter en is geleë in die Dumbo-buurt wat aan die rivieroewer tussen die Brooklyn-brug en die Manhattan-brug is.

In 1994 het Jehovah se Getuies hierdie gebou met vier verdiepings opgerig en dit hoofsaaklik vir parkering en ontspanning gebruik. Die gebou het 84 parkeerplekke asook twee hysbakke vir motors.

Richard Devine, ’n woordvoerder vir die Getuies, verduidelik: “Die gebou by Adamsstraat 69 is ’n uitstekende eiendom. Dit is nie net goed geleë nie, maar het ook potensiaal vir uitbreiding. Die sonering van die eiendom laat toe dat die gebou van 26 meter tot 85 meter verhoog kan word en ook tot ’n vloeroppervlakte van 14 586 vierkante meter vergroot kan word.”

Mediaverteenwoordiger:

David A. Semonian, Office of Public Information, 1-845-524-3000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000