Spring na inhoud

20 DESEMBER 2016
VERENIGDE STATE

Getuies verkoop een van Brooklyn se grootste onontwikkelde eiendomme, Jaystraat 85

Getuies verkoop een van Brooklyn se grootste onontwikkelde eiendomme, Jaystraat 85

Op Dinsdag 20 Desember 2016 het Jehovah se Getuies hulle eiendom by Jaystraat 85 verkoop aan ’n beleggingsvenootskap onder leiding van Kushner-maatskappye, die CIM-groep en LIVWRK. Hierdie eiendom beslaan ’n hele blok in die Dumbo-buurt in Brooklyn. Ongeveer 93 000 vierkante meter van hierdie eiendom het verskeie ontwikkelingsregte.

In die laat 1980’s en vroeë 1990’s was daar ’n paar vervalle geboue in hierdie blok. Toe die Getuies die eiendom gekoop het, wou hulle dit ontwikkel om hulle drukwerk, wat besig was om uit te brei, te akkommodeer. Maar die Getuies het toe eerder besluit om hulle drukwerk, bindwerk en versendingswerk in Brooklyn na hulle fasiliteit in Walkill, New York, te skuif. Die Getuies het onlangs hulle wêreldhoofkwartier van Brooklyn na Warwick, New York, geskuif. Oor die afgelope paar jaar het hulle ook van hulle eiendomme in Brooklyn Heights en Dumbo verkoop.

Richard Devine, ’n verteenwoordiger vir die Getuies, sê: “Dit is nie elke dag dat eiendomme soos Jaystraat 85 op die mark gesit word nie, veral as jy in gedagte hou hoe groot die eiendom is, waar dit geleë is en waarvoor dit gebruik kan word.”

Mediaverteenwoordiger:

David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000