8 NOVEMBER 2017
VERENIGDE STATE
Getuies verkoop Adamsstraat 74, een van hulle laaste eiendomme in Dumbo, Brooklyn
Op Dinsdag 7 November het Jehovah se Getuies hulle eiendom by Adamsstraat 74 verkoop, wat in die geskiedkundige Dumbo-buurt in Brooklyn, New York, is. Dit is een van hulle laaste eiendomme in die Dumbo-buurt.
Die Getuies het hierdie eiendom in 1975 gekoop en in 1976 het hulle ’n motorwerkswinkel hier gebou om al hulle motors te diens. In 1990 het hulle aangebou, wat die grootte van die eiendom amper verdubbel het. Op die oomblik is die eiendom 2 236 vierkante meter, maar daar is nog 13 462 vierkante meter wat beskikbaar is vir uitbreiding. Die eiendom kan vir verskillende ontwikkelings gebruik word wat parkering, woongeboue, besigheid en kommersiële bedrywighede insluit.
Mediaverteenwoordiger:
David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000
Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000