Spring na inhoud

15 MEI 2018
VERENIGDE STATE

Voortdurende vulkaniese aktiwiteit in Hawaii veroorsaak skade en ontruiming

Voortdurende vulkaniese aktiwiteit in Hawaii veroorsaak skade en ontruiming

Vanaf 3 Mei 2018 het die voortdurende uitbarsting van die Kilauea-vulkaan op die eiland Hawaii, VSA, veroorsaak dat omtrent 2 000 mense hulle huise moes verlaat. Ten minste 36 geboue is deur die uitbarstings vernietig.

Onder diegene wat hulle huise moes verlaat, is vier Getuie-families en een bejaarde suster. Nie een van die Koninkryksale is deur die uitbarsting self beskadig nie. Maar op 4 Mei het ’n aardbewing van 6,9 wel een Koninkryksaal effens beskadig.

Plaaslike broers en susters werk saam met ’n noodlenigingskomitee (DRC) om na verkondigers wat deur die ramp geraak is, om te sien. Sodra toestande verbeter, sal die DRC besluit of daar nog hulp nodig is.

Met hierdie ramp in gedagte hou ons aan om vir ons broers en susters wat daardeur geraak is, te bid. Ons is vol vertroue dat Jehovah hulle vesting sal word gedurende hierdie dag van benoudheid. — Nahum 1:7.