Spring na inhoud

20 APRIL 2020
WÊRELDNUUS

As gevolg van COVID-19 word elektroniese donasies gemaak

As gevolg van COVID-19 word elektroniese donasies gemaak

In baie lande moes ons broers en susters die manier verander hoe hulle preek en aanbid as gevolg van die koronavirus. In baie gevalle kan hulle nie meer by Koninkryksale bymekaarkom vir vergaderinge nie. Vergaderinge word nou tydelik deur middel van videoverbinding-apps gehou. As gevolg hiervan het baie ook die manier verander hoe hulle die wêreldwye predikingswerk ondersteun deur hulle donasies aanlyn te maak.

Jehovah se Getuies in meer as 112 lande kan donate.pr418.com gebruik om ’n elektroniese donasie te maak, deur byvoorbeeld ’n debiet- of kredietkaart te gebruik.

Omdat die meeste verkondigers nie meer ’n donasie by hulle Koninkryksaal kan maak nie, het baie broers en susters besluit om die funksie op donate.pr418.com te gebruik waar geld outomaties elke maand oorgedra word. Suster Susan Cohen, ’n 74-jarige verkondiger van die Verenigde State, gee haar donasies op hierdie manier. Sy sê: “Dit is so maklik. As ek dit kan doen, kan enigeen dit doen. Dit maak my so gelukkig om te weet dat ek nog steeds ’n donasie aan die wêreldwye predikingswerk kan maak.”

Broer Eduardo Paiva van Brasilië het voorheen gedink dat donate.pr418.com net gebruik kan word om donasies te maak as jy dit nie by die Koninkryksaal kan doen nie. Hy sê: “Ek het onlangs besef dat dit die beste manier is om aan te hou om die wêreldwye werk in moeilike tye te ondersteun. Ons kan hierdie manier gebruik om ons dankbaarheid en liefde in hierdie laaste dae te wys.”

Broer Gajus Glockentin, die opsiener van die Rekeningafdeling by die wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies in Warwick, New York, sê: “Dit is baie aanmoedigend om te sien hoe graag die broers die predikingswerk wil ondersteun. Ons waardeer hierdie donasies. Ons kyk altyd hoe ons die koste kan verminder in ons organisasie sodat ons die donasies wat gemaak word, op die beste manier kan gebruik. Hoewel party nie meer soveel kan gee nie, het hulle begeerte om Jehovah se organisasie te ondersteun, nie minder geword nie.” – 2 Korintiërs 9:7.