Spring na inhoud

Broer Mark Sanderson gee ’n toespraak by ’n spesiale program in Warskou, Pole.

3 MEI 2022
WÊRELDNUUS

“Bly gefokus op jou verhouding met Jehovah”

Spesiale program versterk broers en susters in Oekraïne en Pole

“Bly gefokus op jou verhouding met Jehovah”

Op 26 April 2022 het broer Mark Sanderson, ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, in Pole aangekom om die broers en susters wat deur die oorlog in Oekraïne geraak is, geestelik aan te moedig.

Broers in Pole werk agter die skerms by die Byeenkomssaal

Alle gemeentes in Pole en Oekraïne is na ’n spesiale program genooi wat op 30 April 2022 gehou was. In Pole was Oekraïense vlugtelinge en dié wat by noodlenigingswerk betrokke was, genooi om die program in persoon by die Byeenkomssaal in Warskou by te woon. Insluitende dié wat deur middel van videoverbinding ingeskakel het, het ongeveer 250 000 mense in Pole en Oekraïne die program bygewoon.

Broer Sanderson het gesê: “Broers en susters van regoor die wêreld dink aan julle en bid vir julle. By die wêreldhoofkwartier bid die broers elke dag vir die broers en susters in Rusland en Oekraïne, en dit sluit gebede in by die vergaderinge van die Bestuursliggaam.” Hy het die gehoor verseker dat “moeilike tye nie beteken dat ons Jehovah se seën verloor het nie. Hy sien jou, is lief vir jou en is veral na aan dié wat deur moeilike tye gaan.”

’n Groep broers en susters van Marioepol, Oekraïne, wat hulle huise moes verlaat, kyk na die spesiale program

Broer Sanderson het verder gesê: “Bly gefokus op jou verhouding met Jehovah. Ons doel is nie net om te oorleef nie, maar nadat ons deur hierdie moeilike tye gegaan het, wil ons sterker geloof hê en nader aan Jehovah voel. Dit is wat Jehovah ons leer.”

Serhi, ’n ouerman in Odessa, Oekraïne, het gesê: “Oor die laaste paar weke het ek slaap verloor omdat ek angstig, hartseer en onseker gevoel het. Maar [die spesiale program] het my geloof versterk dat Jehovah nie net vir sy volk as ’n geheel omgee nie, maar ook vir ons as individue.”

Tatiana, ’n vlugtelingsuster van Kijif, Oekraïne, het gesê: “Vandag het ek regtig gevoel hoe na Jehovah aan my is. Ek voel asof Jehovah my ’n drukkie gee, en ek voel sy liefde. Jehovah is altyd met ons, maak nie saak waar ons is nie.”

Ons is baie lief vir ons broers en susters, en ons is oortuig dat die spesiale program hulle van Jehovah se “lojale liefde” vir sy volk herinner het. – Psalm 136:1.