Spring na inhoud

Broer Aleksandr Doebowenko en Aleksandr Litfinjoek

8 DESEMBER 2022
WÊRELDNUUS

Broer Doebowenko en Litfinjoek tot ses jaar tronkstraf gevonnis

Broer Doebowenko en Litfinjoek tot ses jaar tronkstraf gevonnis

Op 30 November 2022 het die Armjanski-stadshof van die Republiek Krim broer Aleksandr Doebowenko en Aleksandr Litfinjoek skuldig bevind. Al twee broers het ’n tronkstraf van ses jaar ontvang en is onmiddellik in hegtenis geneem.

Profiel

Dit vertroos ons om te weet dat Jehovah altyd by ons is wanneer ons deur moeilike tye gaan. – Psalm 139:7-12.

Tydlyn

  1. 2 Augustus 2021

    Kriminele saak word gemaak. Albei broers word daarvan aangekla dat hulle videoverbindingsagteware gebruik het om die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie te bevorder

  2. 5 Augustus 2021

    Die huise van agt gesinne van Jehovah se Getuies word deursoek, insluitende dié van die Doebowenko- en Litfinjoek-gesin. Broer Litfinjoek word gearresteer en in tydelike aanhouding geplaas

  3. 6 Augustus 2021

    Broer Litfinjoek word uit tydelike aanhouding vrygelaat en onder huisarres geplaas

  4. 9 Augustus 2021

    Owerhede deursoek die Doebowenko-gesin se huis vir ’n tweede keer. Aleksandr word ondervra en onder huisarres geplaas

  5. 11 Augustus 2021

    Broer Litfinjoek word amptelik daarvan aangekla dat hy die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie reël

  6. 8 Februarie 2022

    Broer Doebowenko word amptelik daarvan aangekla dat hy die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie reël

  7. 29 April 2022

    Kriminele verhoor begin. Die regter weier broer Litfinjoek se versoek om ’n dokter te besoek en behandeling te ontvang terwyl hy onder huisarres is

  8. 8 September 2022

    Beide broers word toegelaat om daagliks hulle huise tussen 7:00 en 19:00 te verlaat

  9. 30 November 2022

    Beide broers word tot ses jaar tronkstraf gevonnis

a b Persoonlike kommentare is voorsien voordat hulle gevonnis is.