Spring na inhoud

13 NOVEMBER 2019
WÊRELDNUUS

Die 2019-wêreldrapport: Grootste aantal gedoop in 20 jaar

Die 2019-wêreldrapport: Grootste aantal gedoop in 20 jaar

Ons is baie bly om aan te kondig dat meer as 300 000 mense as Jehovah se Getuies in die 2019-diensjaar gedoop is. Dit is die eerste keer vanaf 1999 dat die aantal wat gedoop is meer as 300 000 is. Ons loof Jehovah omdat hy ons heelhartige predikings- en dissipelmaakwerk seën!

Daar is ook ander geskiedkundige en onvergeetlike dinge wat in die 2019-diensjaar gebeur het: internasionale byeenkomste, Bybelvrystellings en broederliefde in aksie. Die volgende is party van die groottotale van die wêreldrapport. a

  • Aantal lande wat rapporteer: 240

  • Wêreldwye Gedenkmaalbywoning: 20 919 041

  • Verkondigerhoogtepunt: 8 683 117

  • Aantal gedoop: 303 866

Goeie verslae soos hierdie moedig ons aan om die raad van ons Here Jesus in ons jaarteks van 2020 te volg. Dit sê: “Gaan dus en maak dissipels . . . , en doop hulle.” – Matteus 28:19.

a ’n Volledige wêreldrapport van Jehovah se Getuies vir die 2019-diensjaar sal binnekort op jw.org en die JW Library-app beskikbaar wees.