Spring na inhoud

25 MEI 2022
WÊRELDNUUS

Die goeie nuus volgens Jesus word opgeneem

Die goeie nuus volgens Jesus word opgeneem

Ná drie jaar van beplanning, voorbereiding en baie gebede is die opname van Die goeie nuus volgens Jesus op Vrydag 20 Mei 2022 begin. Die internasionale span wat in Australië is, was baie bly oor hierdie belangrike gebeurtenis. Broer Geoffrey Jackson van die Bestuursliggaam, wat daar was vir die geleentheid, het gesê: “Dit het my vreugde gegee om te sien hoe opgewonde almal is oor hierdie film oor Jesus se lewe wat ongeveer 1 000 minute lank is en wat miljoene mense sal help.”