2 MAART 2020
WÊRELDNUUS
Eerste Getuie van Jehovah in die Krim aangekla, wag vir uitspraak
Die Dzankoiski-distrikshof in die republiek Krim beplan om sy uitspraak te lewer op 5 Maart 2020, in die saak waarby broer Sergei Filatof betrokke is. Die aanklaer het versoek dat hy tot sewe jaar gevonnis word in ’n maksimum-sekuriteitstronk. Broer Filatof is die eerste Getuie in die Krim wat onder die Russiese Strafwet aangekla is.
Soos voorheen berig is, is broer Filatof gearresteer in wat een van die grootste spesiale operasies teen ons broers in onlangse jare is. Op 10 Oktober 2017 het ’n groep vriende bymekaar gekom by broer Filatof se huis om die Bybel te bespreek en Koninkryksliedere te sing. Beamptes van die Russiese Federale Veiligheidsdiens (FSB) het die vergadering in die geheim opgeneem. ’n Bietjie meer as ’n jaar later op 16 November 2018 het amper 200 beamptes agt huise van Jehovah se Getuies in die gebied deursoek. Meer as 35 polisiebeamptes het broer Filatof se huis deursoek, en omtrent helfte van hulle was gewapen en deel van die spesiale militêre magte. Broer Filatof was ondervra en toe vrygelaat.
Broer Sergei Filatof en sy vrou, Natalia, het vier kinders, en twee van hulle is minderjarig. Terwyl broer Filatof wag vir die uitspraak op sy verhoor, bid ons dat hy en sy familie sal aanhou om skuilplek by Jehovah te soek vol vertroue dat hy hulle sal help in hierdie moeilike tyd. – Psalm 46:1.