22 NOVEMBER 2022
WÊRELDNUUS
Ekstra opdragte vir JW.ORG op stemassistente
Sedert 2019 kan toestelle wat met Amazon Alexa of Google Assistant werk, sekere inhoud van jw.org speel. Bykomende stemopdragte laat gebruikers nou toe om selfs na meer inligting oor ons vergaderinge en bediening te luister. Ongelukkig sal dit vanaf Junie 2023 nie meer moontlik wees om Google Assistant op hierdie manier te gebruik nie. Hierdie funksies sal tot dan gebruik kan word. Maar hierdie funksie sal nog steeds op Amazon Alexa werk.
Gebruikers kan nou hulle toestelle vra om die weeklikse rooster vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek en die studiepunte uit die Leer hoe om beter te lees en onderrig-brosjure te lees. Wanneer gebruikers vir ’n Bybelstudie voorberei, kan hulle die stemassistent vra om die les uit die boek Geniet die lewe vir ewig! te lees.
Gebruikers kan ook na die liedjies vir ons vergaderinge uit ‘Sing met vreugde’ vir Jehovah sowel as na koor- en instrumentale opnames luister. Die Jongste nuus van die Bestuursliggaam kan ook gespeel word.
Om te leer hoe om die stemopdragte van elke stemassistent te gebruik, gaan na die Hulp-artikels “Use the JW.ORG Skill for Amazon Alexa” of “Use the JW.ORG Action for Google Assistant”.
Vir mense wat nie ’n stemassistent op hulle toestel het nie, gee baie selfone, tablette en rekenaars gebruikers toegang tot dieselfde funksies deur die Alexa-app te installeer.
Hierdie nuwe funksie is veral van groot hulp vir dié wat blind is of nie goed kan sien nie. Kan jy ’n vriend wat nie goed kan sien nie, help deur ’n stemassistent-toestel op te stel of app vir jou vriend af te laai en hom of haar te leer om dit te gebruik?