29 SEPTEMBER 2022
WÊRELDNUUS
Europese Hof finaliseer uitsprake oor godsdiensvryheid in Rusland en Litaue
Op 7 September 2022 het die Europese Hof van Menseregte (EHMR) twee belangrike uitsprake oor Jehovah se Getuies gefinaliseer. Op 7 Junie 2022 het die EHMR verklaar dat die verbod wat Rusland op Jehovah se Getuies in 2017 geplaas het, onwettig is. Op dieselfde dag het die EHMR bevind dat Litaue die Europese Konvensie oor Menseregte geskend het in ’n saak oor broer Stanislav Teliatnikov, wat gewetensbeswaar teen militêre diens het.
Rusland en Litaue het nie by die Groot Kamer van die EHMR geappelleer om die uitsprake van 7 Junie te hersien nie. Daarom is die twee lande deur die EHMR beveel om die hof se uitsprake te gehoorsaam, wat insluit dat hulle vergoeding betaal aan die mense wie se regte geskend is.
Op 11 Junie 2022 het Rusland probeer om sy verpligtinge vry te spring deur sonder toestemming van die EHMR te onttrek. Maar die EHMR kan nog steeds aansoeke teen Rusland ondersoek as hierdie aansoeke te doen het met beweerde skendings van die Europese Konvensie oor Menseregte wat voor 16 September 2022 gebeur het.
Ons bid dat hierdie gefinaliseerde uitsprake van die EHMR en die reg op godsdiensvryheid gerespekteer word sodat vreedsame Christene kan “voortgaan om ’n kalm en stil lewe te lei met erns en uitsluitlike toegewydheid aan God”. – 1 Timoteus 2:1, 2.