29 APRIL 2020
WÊRELDNUUS
Gedenkmaal vir 2020 – Internasionale fotogalery
Ons wêreldwye broederskap fisies apart, maar verenig in waardering
Nadat die son op 7 April 2020 gesak het, het ons broers en susters regoor die wêreld ’n geskiedkundige Gedenkmaal gehou. Hoewel die pandemie die meeste mense verhoed het om fisies bymekaar te kom, was almal vasbeslote om Jesus se bevel te gehoorsaam: “Hou aan om dit te doen as ’n herinnering aan my” (Lukas 22:19). Die hele broederskap – dié wat alleen bly, getroude paartjies, gesinne met kinders en ons dierbare bejaardes – was dankbaar om hulle waardering vir Jehovah en sy Seun, Jesus Christus, te wys.
Geniet die volgende fotogalery van ons broers en susters regoor die wêreld wat vir die Herdenking van Christus se dood vir 2020 voorberei en dit hou.