4 SEPTEMBER 2023
WÊRELDNUUS
Gefokus op geloof, nie op vrees nie
Die Gagarinski-distrikshof van Sewastopol, die Krim, sal binnekort sy uitspraak gee in die saak teen broer Wiktor Koedinof en Sergei Zjigalof. Die aanklaer het nog nie ’n spesifieke vonnis aangevra nie.
Profiel
Ons is seker dat Jehovah sal aanhou om Wiktor en Sergei te seën vir hulle geduldige volharding, want Hy is die God “wat bly is dat sy kneg vrede geniet”. – Psalm 35:27.
Tydlyn
24 Augustus 2022
Kriminele saak word gemaak. Huise word deursoek. Word gearresteer en in tydelike aanhouding geplaas
26 Augustus 2022
Word uit aanhouding vrygelaat en onder huisarres geplaas
17 Oktober 2022
Word vrygelaat uit huisarres en onder beperkings geplaas
13 April 2023
Kriminele verhoor begin