Spring na inhoud

’n Getuie-paartjie geniet ’n gemeentelike vergadering deur middel van videoverbinding. Vir die eerste keer sal die Here se Aandmaal deur baie op hierdie manier herdenk word

3 APRIL 2020
WÊRELDNUUS

Geskiedkundige Herdenking van Christus se dood

Baie gemeentes vergader deur middel van videoverbinding as gevolg van wêreldwye pandemie

Geskiedkundige Herdenking van Christus se dood

Miljoene Getuies en belangstellendes sal op Dinsdag 7 April 2020 vergader vir die belangrikste vergadering van die jaar, die Herdenking van Jesus se dood. Maar as gevolg van die COVID-19-pandemie gaan die Gedenkmaal hierdie jaar uniek wees. Baie mense regoor die wêreld sal deur middel van videoverbinding vergader.

As gevolg van die koronavirus-pandemie laat regerings in baie lande nie toe dat mense in groot groepe bymekaarkom nie. Daarom hou baie gemeentes regoor die wêreld hulle weeklikse vergadering deur middel van videoverbinding. Hierdie gemeentes sal ook videoverbinding gebruik om die Gedenkmaal te hou. ’n Opname van die program sal vir die algemene publiek op jw.org beskikbaar gemaak word.

Meer as 20 miljoen mense het die Gedenkmaal laas jaar bygewoon. Daar word gehoop dat miljoene uit die publiek die Gedenkmaal sal bywoon deur middel van video- of telefoonverbinding of deur na die opname op jw.org te kyk.

In baie lande hou die virus aan om te versprei en is dit ’n gevaar vir baie mense. Vir die veiligheid van ons broers moet ons almal aanhou om die riglyne van die owerhede streng te gehoorsaam totdat die gevaar verby is. Maar ons vertrou dat Jehovah ons sal help, en ons is vasbeslote om Jesus se bevel te volg: “Hou aan om dit te doen as ’n herinnering aan my.” – Lukas 22:19.