Spring na inhoud

’n Lugfoto van die eiendom by Ramapo. Die gedeelte waar die bome afgekap is, wys hoe groot die bouperseel is. Kleiner foto: ’n Houtkapper saag ’n boom met ’n kettingsaag af

6 JUNIE 2023
WÊRELDNUUS

Hoofkwartierprojek by Ramapo

Goedkeuring vir nog werk by die Ramapo-kompleks

Goedkeuring vir nog werk by die Ramapo-kompleks

Op 1 Junie 2023 het die staat New York se Departement van Omgewingsbewaring toestemming gegee dat die bome wat by die Ramapo-kompleks afgekap is, verwyder kan word. Al die bome is teen 18 Maart afgekap, omtrent twee weke voordat die tydperk waartydens bome afgekap mag word, geëindig het.

Broer Robert McRedmond, wat as die koördineerder van die Bouprojekkomitee (CPC) vir die Ramapo-projek dien, sê: “Ons besef dat met groot projekte soos hierdie, elke permit en goedkeuring ons ’n stappie nader bring om met die konstruksie te begin. Ons het gesien hoe Jehovah baie struikelblokke verwyder het, en ons kan nie wag om te sien hoe hy ons in die toekoms gaan help nie.” – Jesaja 57:14.

Die CPC hou aan om saam met die plaaslike owerhede te werk om goedkeuring vir die bouplan te verkry.