4 JUNIE 2020
WÊRELDNUUS
Hooggeregshof in die Krim vonnis broer Artem Gerasimof tot ses jaar tronkstraf
Op 4 Junie 2020 het die Hooggeregshof in die Krim broer Artem Gerasimof tot ses jaar tronkstraf gevonnis net omdat hy sy godsdiens vreedsaam beoefen het. Hy het die Hooggeregshof gevra om hom onskuldig te verklaar nadat die Jalta-stadshof hom ’n boete van omtrent R100 000 gegee het. Die uitspraak deur die Hooggeregshof was dadelik geldig en broer Gerasimof is tronk toe geneem. Hy sal hierdie uitspraak appelleer.