23 JANUARIE 2024 | BYGEWERK: 18 APRIL 2024
WÊRELDNUUS
JONGSTE NUUS – BROER SKULDIG BEVIND | “Alles is moontlik vir die een wat geloof het”
Op 16 April 2024 het die Nachimofski-distrikshof van die stad Sewastopol broer Maksim Zintjenko skuldig bevind en hom tot twee jaar dwangarbeid gevonnis. Hy sal in ’n tronk moet bly en gemeenskapsdiens op ’n toegewese plek moet doen.
Profiel
Ons is oortuig dat Jehovah Maksim se moed en volharding sal beloon, asook almal wat aanhou om Sy wil te doen. – Hebreërs 10:35, 36.
Tydlyn
17 Mei 2023
Word krimineel aangekla van deelname aan die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie
22 Mei 2023
Huis word deursoek. Maksim en Karina word ondervra. Maksim word in ’n tydelike detensiesentrum geplaas
24 Mei 2023
Maksim word vrygelaat en onder huisarres geplaas
12 Julie 2023
Kriminele verhoor begin