27 SEPTEMBER 2022 | BYGEWERK: 22 MAART 2024
WÊRELDNUUS
JONGSTE NUUS – UITSPRAAK VERANDER | Negatiewe gevoelens word met Jehovah se hulp oorkom
Op 21 Maart 2024 het die Hooggeregshof van die Republiek Krim die uitspraak van broer Taras Koezo en sy vrou, suster Darja Koezo, en broer Sergei Ljoelin en Petr Zjiltsof verander. Die broers is onmiddellik uit aanhouding vrygelaat. Hulle saak sal nou weer verwys word na die Jalta-stadshof van die Republiek Krim om herverhoor te word.
Op 27 Februarie 2023 het die Jalta-stadshof van die Republiek Krim broer Taras Koezo en sy vrou, suster Darja Koezo, asook broer Sergei Ljoelin en Petr Zjiltsof skuldig bevind. Darja het ’n opgeskorte tronkvonnis van drie jaar gekry. Sy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie. Taras het ’n tronkstraf van ses en ’n half jaar gekry. Sergei en Petr het albei ’n tronkstraf van ses jaar en een maand gekry. Al drie broers is in die hof in hegtenis geneem.
Tydlyn
4 Maart 2021
Kriminele saak word teen Taras gemaak. Hy word daarvan beskuldig dat hy ’n ekstremistiese organisasie finansieel ondersteun
11 Maart 2021
Nege huise van Jehovah se Getuies word deursoek, wat die huis van die Koezo-gesin en Sergei insluit. Taras word in tydelike aanhouding geplaas
12 Maart 2021
Taras word vrygelaat en onder huisarres geplaas, maar hy word nie toegelaat om saam met sy gesin te bly nie
29 Julie 2021
Kriminele sake word teen Darja, Petr en Sergei gemaak. Petr word in ’n tydelike detensiesentrum geplaas
30 Julie 2021
Kriminele sake word gekombineer. Petr word vrygelaat en onder huisarres geplaas
11 Augustus 2021
Sergei word gearresteer en na ’n detensiesentrum voor sy verhoor, ongeveer 800 kilometer daarvandaan, geneem. Gedurende die reis van 16 ure is sy hande bokant sy kop aan ’n pyp vasgeketting en sy voete aan die sitplek vasgemaak
1 Maart 2022
Sergei word uit aanhouding voor sy verhoor vrygelaat en onder huisarres geplaas
4 April 2022
Kriminele verhoor begin
11 Julie 2022
Petr, Sergei en Taras word uit huisarres vrygelaat en onder reisbeperkings geplaas
Profiel
Terwyl hulle in die tronk, tydelike aanhouding of onder huisarres is, kan getroues “so vasgekeer [voel] dat [hulle] nie kan beweeg nie”. Maar Jehovah sal nooit dié wat ter wille van sy naam vervolg word, verlaat nie. – 2 Korintiërs 4:8, 9.