Spring na inhoud

4 NOVEMBER 2019
WÊRELDNUUS

Jehovah se Getuies bereik nuwe hoogtepunt – JW.ORG het nou inligting in 1 000 tale

Jehovah se Getuies bereik nuwe hoogtepunt – JW.ORG het nou inligting in 1 000 tale

Die Bestuursliggaam is bly om aan te kondig dat ’n nuwe hoogtepunt bereik is in ons poging om dissipels van mense van al die nasies te maak. Daar is nou artikels, video’s en oudio-opnames in 1 000 tale op JW.ORG beskikbaar. Dit sluit 100 gebaretale in.

Augustus 2010, broer Samuel Herd, ’n lid van die Bestuursliggaam, stel die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Italiaanse Gebaretaal vry (beskikbaar op jw.org)

Broer Gerrit Lösch, ’n lid van die Bestuursliggaam, sê dat publikasies al vir ’n baie lang tyd vertaal word. Daar is amper 150 jaar gelede met die vertaalwerk begin. Meer inligting is in die afgelope 10 jaar vertaal as ooit tevore. Broer Geoffrey Jackson, ook ’n lid van die Bestuursliggaam, sê: “Dit het ons bietjie meer as honderd jaar gevat om 508 tale te bereik in Januarie 2013. Maar dit is ongelooflik dat ons die hoeveelheid tale waarin ons vertaal, in net minder as sewe jaar verdubbel het. Dit was 508 tale en nou is dit 1 000 tale.”

Die webwerf bevat inligting en publikasies in 1 000 tale wat afgelaai kan word. Die webwerf self is nou in 821 tale beskikbaar, wat dit die mees vertaalde webwerf in die wêreld maak. Baie van die vertaling word deur goed opgeleide vrywilligers gedoen wat in sowat 350 vertaalkantore regoor die wêreld werk.

Broer Izak Marais, wat toesig hou oor die Vertaaldienste by die wêreldhoofkwartier in Warwick, New York, VSA, sê: “Om in so baie tale te vertaal en te publiseer kan baie uitdagings hê. Ons wou partykeer iets publiseer in ’n taal wat nie so algemeen is nie, maar al die karakters in daardie taal was nie beskikbaar nie. So oor die jare het ons baie karakters en lettertipes ontwerp, en daarom kon ons gedrukte publikasies in honderde tale druk. Ons het op dieselfde manier baie uitdagings oorkom om ons publikasies in soveel tale op jw.org beskikbaar te maak. In baie van hierdie 1 000 tale is daar geen ander publikasies op die Internet beskikbaar nie.”

Broer Clive Martin, wat toesig hou oor die MEPS-programmeringsafdeling, het ook gesê: “Een van die uitdagings is om ’n artikel in honderde tale in verskillende alfabette en formate weer te gee. Byvoorbeeld, 21 van die tale wat op ons webwerf is, word van regs na links geskryf. En vir die 100 gebaretale wat op ons webwerf is, moes ons ’n unieke ontwerp skep wat maklik deur dowe mense gebruik kan word.”

Besighede vertaal gewoonlik hulle webwerf net in tale wat hulle sal help om baie geld te maak. Maar as Jehovah se Getuies vertaal ons nie in so baie tale omdat ons geld wil maak nie. Ons probeer ons bes om vir almal te wys wat die Bybel sê in ’n eenvoudige en mooi manier.

Ons loof en eer Jehovah omdat hy ons harde werk seën om “dissipels van mense van al die nasies” te maak. Ons vertrou dat Jehovah sal aanhou om vir ons die nodige krag en middele te gee wat ons nodig het om die Koninkryksboodskap aan opregte mense wêreldwyd te vertel totdat hy sê die werk is klaar. – Matteus 28:19, 20.