Spring na inhoud

Op 1 April 2022 het Jehovah se Getuies hulle vergaderingplekke vir die eerste keer in twee jaar weer oopgemaak

4 APRIL 2022
WÊRELDNUUS

Jehovah se Getuies hou weer vergaderinge in persoon

Jehovah se Getuies hou weer vergaderinge in persoon

Vanaf 1 April 2022 hou Jehovah se Getuies weer vergaderinge in persoon. Die angs wat ons broers en susters dalk gevoel het, is gou vervang met gelag, trane van vreugde en Koninkryksliedere wat uit volle bors gesing is.

Vir party was dit die eerste keer dat hulle by ’n Koninkryksaal was.

Broer Krzysztof Hoszowski van Pole vertel: “Dit was my eerste vergadering in persoon by die Koninkryksaal. Ek het die waarheid oor videoverbinding leer ken, en mense het oor Zoom gesien hoe ek gedoop is. Ek het geweet hoe vergaderinge in persoon lyk omdat ek baie video’s daaroor gekyk het. Die broederlike liefde en vreugde wat ek by die vergadering ondervind het, het my baie gelukkig gemaak.”

Nadat die COVID-19-pandemie in Maart 2020 regoor die wêreld uitgebreek het, het Jehovah se Getuies begin om vergaderinge deur middel van videoverbinding te hou. Diegene wat nie die vergaderinge in persoon kan bywoon nie, kan nog steeds by die vergaderinge deur middel van videoverbinding inskakel.

Broer Neil Campbell van Edinburg, Skotland, sê: “Toe die musiek begin en ek die eerste lied gesing het, het ek oorweldig gevoel deur vreugde en dankbaarheid omdat ek vir die eerste keer in twee jaar weer saam met my broers was.”

Ons dank Jehovah, want hy seën ons omdat ons weer vergaderinge in persoon hou. – Psalm 84:10.

 

Angola

Armenië

Australië

Tsjeggiese Republiek

Ecuador

Duitsland

Griekeland

Guinee

Japan

Kazakstan

Malawi

Nederland

Filippyne

Roemenië

Skotland

Suid-Korea

Spanje

Soedan

Thailand