Spring na inhoud

Broer Artem Gerasimof

FEBRUARIE 27, 2020
WÊRELDNUUS

Krim-hof sal binnekort uitspraak gee in saak oor broer Artem Gerasimof

Krim-hof sal binnekort uitspraak gee in saak oor broer Artem Gerasimof

Op 3 Maart 2020 sal die Jalta-stadshof in die Republiek Krim hulle uitspraak gee in die saak oor broer Artem Gerasimof. Die aanklaer het gevra dat broer Gerasimof as gevolg van sy geloof tot ses en ’n half jaar tronkstraf gevonnis moet word.

Op 20 Maart 2019 is broer Gerasimof tydelik in aanhouding geplaas en ondervra nadat agente van die Federale Veiligheidsdiens (FSB) agt huise van Jehovah se Getuies deursoek het in Aloepka en Jalta, stede in die Krim. Terwyl agente die huise deursoek het, het hulle rekenaars en ander elektroniese toestelle sowel as Bybels afgevat. Daarna het FSB-agente Artem Gerasimof daarvan aangekla dat hy ekstremistiese bedrywighede reël net omdat hy saam met ander bymekaargekom het om die Bybel te bespreek.

Ons is oortuig daarvan dat Jehovah ons broers en susters sal help om “moedig en sterk” te bly terwyl hulle hierdie onregverdige aanvalle verduur as gevolg van hulle godsdiens. – Psalm 138:3.