Spring na inhoud

Broers en susters het wêreldwyd bymekaargekom om die Gedenkmaal te herdenk

21 APRIL 2022
WÊRELDNUUS

Miljoene herdenk saam Christus se dood

Miljoene herdenk saam Christus se dood

Broers groet mekaar in Chili

Op 15 April 2022 het miljoene Getuies van Jehovah en hulle genooide gaste wêreldwyd die Here se Aandmaal herdenk. Dit is die eerste keer sedert 2019 wat hierdie belangrike gebeurtenis in persoon gehou is. Dié wat nie hierdie jaar se herdenking in persoon kon bywoon nie, het deur videoverbinding by hulle plaaslike programme ingeskakel.

Die Herdenking van Christus se dood is die belangrikste vergadering van die jaar vir Jehovah se Getuies. As gevolg van die COVID-19-pandemie is hierdie jaarlikse gebeurtenis twee jaar lank deur videoverbinding gehou. Meer as 21 miljoen mense het die Gedenkmaal in 2021 bygewoon.

Vir party, soos Markensia Remy van Haïti, was dit die eerste keer dat hulle die Gedenkmaal in persoon bywoon. Markensia, wat ’n jaar lank gedoop is, sê: “Ek is baie bly dat ek die Gedenkmaal by die Koninkryksaal bygewoon het. Ek het nie woorde nie. Ek voel regtig dat ek deel is van ’n wonderlike familie.”

Ons sê dankie vir Jehovah omdat hy hierdie jaar se Gedenkmaal geseën het, en ons sê veral dankie vir Jehovah God en sy Seun, Jesus Christus, vir die grootste daad van liefde wat ooit betoon is. – Johannes 3:16.

 

Argentinië

Bolivia

Brasilië

Kambodja

Sentraal-Afrikaanse Republiek

Cookeilande (Rarotonga)

Ecuador

Indonesië

Israel

Japan

Kazakstan

Kosovo

Mexiko

Paraguay

Peru

Filippyne

Pole

Roemenië

Spanje

Taiwan

Oekraïne

Verenigde State

Venezuela