Spring na inhoud

19 FEBRUARIE 2020
WÊRELDNUUS

Nuwe kenmerk in JW Library Sign Language-app

Nuwe kenmerk in JW Library Sign Language-app

In die JW Library Sign Language-app se vierde weergawe, wat op 15 Februarie 2020 vrygestel is, is daar ’n baie belangrike nuwe kenmerk. Mense wat hierdie app gebruik, kan naslaanmateriaal sien deur daarop te tik of te kliek. Dit sal dit vir hulle makliker maak om vir die vergaderinge voor te berei en om navorsing oor die Bybel te doen.

Gebruikers van die JW Library-app kon al lank navorsing doen deur skakels te gebruik na Bybelaanhalings of ander publikasies in ’n artikel sonder om hulle plek te verloor. Maar dit is baie moeiliker vir mense wat die Sign Language-app gebruik omdat daar nie ’n manier is om outomaties na ’n video-artikel of sy naslaanmateriaal te gaan nie.

In die JW Library Sign Language-app, weergawe 4, verskyn verwysings as skakels. Gebruikers kan ekstra naslaan-video’s kyk deur daarop te kliek en kan dan weer maklik teruggaan na die oorspronklike video.

Kyk hoe maklik is dit om die materiaal vir die Lewe en Bediening-vergadering te sien

Ons weet dat hierdie kenmerk ons broers en susters baie sal help wat afhanklik is van publikasies in gebaretaal. Ons sê dankie vir Jehovah vir hierdie voorsiening wat ons help om ons verhouding met hom te versterk. – Psalm 119:97.

Kyk hoe die verwysing na “die slang” in Genesis 3:1 ’n skakel gee na Openbaring 20:2 wat ’n mens help om “die oorspronklike slang” te identifiseer