Spring na inhoud

26 FEBRUARIE 2021
WÊRELDNUUS

Ondanks COVID-19-pandemie doen Jehovah se Getuies noodlenigingswerk gedurende jaar met meeste rampe op rekord

Ondanks COVID-19-pandemie doen Jehovah se Getuies noodlenigingswerk gedurende jaar met meeste rampe op rekord

Die 2020-diensjaar was die begin van ’n tydperk waarin ons organisasie die meeste wêreldwye noodlenigingswerk gedoen het, en hierdie werk hou nog aan. Meer as 950 Noodlenigingskomitees is wêreldwyd aangestel. Behalwe vir die pandemie was daar baie vernietigende noodgevalle en natuurrampe in 2020. Die Komitees het ’n ekstra uitdaging gehad. Hulle moes dringende hulp aan ons broers en susters gee en op dieselfde tyd by COVID-19-veiligheidsmaatreëls bly. Die broers en susters wat gedurende hierdie rampe gehelp het, het laat weet dat hierdie bedrywighede hulle geloof versterk het. Hier volg ’n paar dinge wat ons broers en susters geraak het:

Verwoestende storms

Gedurende die 2020-diensjaar was daar altesaam 126 baie sterk storms wat ons broers en susters getref het. Die aantal storms was 11,5 persent hoër as die aantal storms gedurende die 2019-diensjaar. Baie van hierdie storms het verwoestende oorstromings en grondstortings veroorsaak.

Byvoorbeeld, baie tropiese siklone het die Filippyne getref, wat veroorsaak het dat baie verkondigers hulle huise moes verlaat.

Oorstromings in die Filippyne as gevolg van tifoon Vamco, wat net weke ná supertifoon Goni getref het. Supertifoon Goni is een van die kragtigste siklone op rekord

Swaar reën het regoor Nigerië geval, wat ons broers se landerye beskadig het.

Oorstromings in die staat Rivers in Nigerië ná swaar reënval

’n Baie lang reënseisoen het baie skade in Suid-Korea veroorsaak.

Oorstromings in Suid-Korea gedurende die langste reënseisoen in die land se geskiedenis

Baie groot brande wat buite beheer was

Daar was verwoestende brande wat buite beheer was in baie lande. Party van die brande was die grootste wat nog ooit opgeteken is.

Byvoorbeeld, party van ons broers het swaargekry as gevolg van baie groot brande wat meer as 400 000 hektaar vernietig het.

Dit is wat in die Verenigde State gebeur het.

Brande wat buite beheer was in Kalifornië, VSA

Baie groot brande het ons broers in Australië ook geraak.

Bosbrande in Australië

Veilige en effektiewe noodlenigingspogings

Ná hierdie rampe het die organisasie veiligheidsmaatreëls vasgestel om seker te maak dat diegene wat hulp gegee en ontvang het, veilig kon bly.

Broer Han Tjan-hee

Broer Han Tjan-hee, wat deel was van ’n Noodlenigingskomitee in Suid-Korea, het beskryf wat hulle gedoen het om die broers en susters te beskerm: “Ons het elke oggend elkeen se temperatuur geneem, heeltyd ons fisiese afstand behou, die hoeveelheid vrywilligers op die perseel beperk en dit vermy om maaltye en pouses saam te geniet. Die vrywilligers moes ook hulle gereedskap voor en ná werk ontsmet.”

Broer Chris Shirah

Van ons broers en susters moes hulle huise verlaat of het hulle huise verloor gedurende hierdie rampe. Broer Chris Shirah in die Verenigde State, wat deel was van ’n Noodlenigingskomitee in Kalifornië gedurende die brande, verduidelik: “Ons het die hoeveelheid mense wat ons na elke huis gestuur het, deeglik dopgehou sodat ons by die COVID-19-veiligheidsmaatreëls kon bly.”

Broer Philips Akinduro

In baie gebiede het die veiligheidsmaatreëls en reisbeperkings die hoeveelheid vrywilligers beperk wat met die noodlenigingswerk kon help. Broer Philips Akinduro, wat deel was van ’n Noodlenigingskomitee in Nigerië, verduidelik: “Die grootste uitdaging wat ons gehad het, was dat [die regering] beperk het waarheen ons mag gaan. So dit was nie maklik om die vrywilligers te kry wat ons nodig gehad het nie.”

Broer Kim Djoon-hieong

Broer Kim Djoon-hieong, wat ook deel was van ’n Noodlenigingskomitee in Suid-Korea, beskryf die gesindheid van die vrywilligers: “Ons het hierdie noodlenigingswerk gedoen omdat ons lief is vir God en ons broers. So wanneer ons hulp voorsien het, het ons altyd probeer om veilig te bly sodat ons almal se lewe kon beskerm. Ten spyte van die ekstra veiligheidsmaatreëls kon ons ons vreugde behou terwyl ons die noodlenigingswerk gedoen het.”

Die noodlenigingswerk versterk ons geloof

Omdat vrywilligers noodlenigingswerk gedoen het ten spyte van bykomende uitdagings, het almal se geloof en vertroue in Jehovah sterker geword.

Byvoorbeeld, Broer Han was bekommerd dat die Noodlenigingskomitee nie vinnig genoeg vrywilligers sou kon kry om in minder as 24 uur met die noodlenigingswerk te begin nie. “In net ’n paar uur het ek besef dat ek geen rede gehad het om bekommerd te wees nie. Honderde broers en susters van regoor die land het aangebied om te kom help. Daar was so baie dat ons moes nee sê vir party vrywilligers.” Hy sluit af: “Ek het beslis gevoel dat Jehovah met ons was, en dit was baie aanmoedigend.”

Broer Brad Benner

Broer Brad Benner in Honduras het ook verduidelik hoe hy gevoel het nadat hy met noodlenigingswerk ná ’n orkaan gehelp het: “Hoewel dit ’n stresvolle situasie was, het ons broers wat hulle huise moes verlaat, die kos, blyplek en geestelike aanmoediging gekry wat hulle nodig gehad het. Ek het self gesien dat twee orkane tesame met ’n wêreldwye pandemie nie die liefde in ons organisasie kon vernietig nie.”

Broer Alquin Dayag

Broer Alquin Dayag, wat deel was van ’n Noodlenigingskomitee in die Filippyne, kom tot die slotsom: “Hierdie hele ondervinding het my selfs meer laat besef dat Jehovah beslis ons die krag wat bo die normale is en die wysheid wat ons nodig het, op ’n vrygewige manier gee sodat ons die werk kan doen.” – 2 Korintiërs 4:7.

Ons is dankbaar vir die harde werk van al die takkantore, Noodlenigingskomitees en die baie broers en susters wat gehelp het met die noodlenigingswerk. Die harde werk van liefdevolle vrywilligers en vrygewige donasies het baie gehelp gedurende ’n jaar met die meeste rampe op rekord. – 1 Tessalonisense 1:3.