1 JUNIE 2022
WÊRELDNUUS
Openbare getuieniswerk kan weer gedoen word
Op 31 Mei 2022 het die Bestuursliggaam alle Takkomitees laat weet dat daar nou weer aan alle vorme van openbare getuieniswerk deelgeneem kan word. Maar ons mag nog nie aan die huis-tot-huis-bediening deelneem nie. Elke Takkomitee sal kyk na wat die plaaslike situasie in sy takkantoor se gebied is en sal enige beperkings wat deur die regering ingestel is, in ag neem. Daar sal binnekort riglyne aan die gemeentes gestuur word (Romeine 13:1). Ons is baie bly dat ons meer geleenthede sal hê om die goeie nuus van God se Koninkryk met ander te deel! – Matteus 28:19, 20.