Spring na inhoud

11 OKTOBER 2019
WÊRELDNUUS

Opsomming van die jaarvergadering vir 2019

Opsomming van die jaarvergadering vir 2019

Op Saterdag 5 Oktober 2019 het die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië sy jaarvergadering by die Byeenkomssaal van Jehovah se Getuies in Newburgh, New York, VSA, gehou. Ná die sakevergadering het die Bestuursliggaam ’n opbouende geestelike program aangebied vir ’n gehoor van 20 679, insluitende dié wat ingeskakel het. ’n Opsomming van elke deel volg. a

“Julle het net een Leier, die Christus”

Broer Gerrit Lösch, wat die voorsitter van die program was, het die eerste toespraak gehou wat op Matteus 23:10 gebaseer is. Dit het ons herinner dat Jesus Christus ons leier is, nie enige mens nie.

Ons noodlenigingswerk: ’n Manier waarop Jehovah ander help

Broer Stephen Lett het verduidelik hoe belangrik dit is om met vreugde te gee. Een manier om vrygewig te wees, is deur ons noodlenigingswerk te ondersteun. Broer Lett het ’n opsomming gegee van die skade wat natuurrampe gedurende die 2018- en 2019-diensjaar veroorsaak het. Hy het ook ’n opsomming gegee van ons noodlenigingswerk ná die rampe. Meer as 900 000 broers en susters is deur sulke rampe geraak. Meer as 700 Koninkryksale en 15 000 huise van ons broers is beskadig of vernietig. Jehovah se Getuies het R731 590 200 aan noodlenigingswerk spandeer.

Hierdie deel het video’s ingesluit met woorde van waardering van verkondigers wat deur ons noodlenigingswerk gehelp is.

‘Die goeie hand van ons God is met ons . . . Kom ons bou’ | Video

Hierdie video het verduidelik dat Jehovah se Getuies na amper 80 000 geboue wêreldwyd omsien. Dit het ook bespreek hoe ons teokratiese fasiliteite in stand hou, opknap en bou.

’n Kykie in die geskiedenis van eiendom-aankope | Video

Hierdie video het onderhoude uit ons argief ingesluit van drie broers wat met die soek en koop van eiendom vir die takkantoor in die Verenigde State en die wêreldhoofkwartier gehelp het: Broer Max Larson, George Couch en Gilbert Nazaroff. Al drie broers vertel hoe hulle Jehovah se hand duidelik gesien het toe verskillende eiendomme gekoop is.

’n Nuwe bouprojek word beplan | Video

Hierdie video het aangekondig dat Jehovah se Getuies beplan om ’n nuwe fasiliteit in Ramapo, New York, te bou vir alle video-produksie. Hierdie eiendom is omtrent 3 kilometer van die wêreldhoofkwartier in Warwick, New York. Die doel is om in 2022 met die bouprojek te begin en dit teen Desember 2026 te voltooi. Op die besigste tyd van die bouprojek sal daar omtrent 1 500 vrywilligers per dag nodig wees.

’n Prentjie van hoe die nuwe Bethelfasiliteit in Ramapo, New York, sal lyk wat nog gebou moet word. Die ontwerp sluit studio’s, kantore, woongeboue en ’n besoekersentrum in

 

’n Nuwe manier om aansoekvorms in te dien | Video

Hierdie video het verduidelik dat van die begin van Januarie 2020 af kan verkondigers wat daarin belangstel om meer in die bediening te doen, hulle vorms op jw.org invul en dit aanstuur vir hulle liggaam van ouermanne om dit te hersien.

’n Nuwe manier om oudiolêers op JW.ORG te speel

Sekere oudio-lêers op jw.org kan nou deur middel van Amazon Alexa of Google Assistant gespeel word.

’n Aanval uit die noorde

Broer David Splane het ons gehelp om die profesie in Joël hoofstuk 2 wat ’n swerm sprinkane beskryf, te verstaan. Ons sien uit daarna om hierdie duideliker begrip te studeer wanneer dit in Die Wagtoring verskyn.

Die New World Translation of the Holy Scriptures (studie-uitgawe) van Matteus tot Handelinge

Studeer die Bybel met die Studiebybel

Broer Samuel Herd het gewys wat die voordele is van die New World Translation of the Holy Scriptures (studie-uitgawe) wat aanlyn beskikbaar is. Hy het toe die New World Translation of the Holy Scriptures (studie-uitgawe) van Matteus tot Handelinge in gedrukte vorm vrygestel. Verkondigers kan hierdie publikasie deur hulle plaaslike gemeente aanvra.

Ons het werk om te doen!

Broer Anthony Morris het beklemtoon dat die verkondiging van die goeie nuus die belangrikste werk vir ware Christene is. Teokratiese fasiliteite ondersteun die Bestuursliggaam om die predikingswerk te organiseer en om geestelike voedsel vir Jehovah se aanbidders te voorsien. Broer Morris het die aanmoedigende woorde uit Die Wagtoring van 1 Februarie 1977 aangehaal: “Wanneer die ‘groot verdrukking’ uitbreek, behoort ons op ons heel besigste te wees met die predikingswerk; behoort ons wêreldwyd in die hoogste versnelling te wees. Die koms van die Here Jesus om die oordeel te voltrek sal ’n volkome verrassing wees—selfs vir Jehovah se volk—want dit sal hulle ongetwyfeld op hulle heel besigste vind!”

Wat is daar om te vrees?

Broer Mark Sanderson het verduidelik dat, soos Jesus voorspel het, God se aanbidders verwag om deur “al die nasies” gehaat te word (Matteus 24:9). Broer Sanderson het ons aangemoedig om nie mense te vrees nie, maar Jehovah. – Psalm 111:10.

Daar is ’n hartroerende video gewys van broers en susters in Rusland wat vertel het hoe hulle hulle vrees vir vervolging oorkom het. Hierdie toespraak en video het al Jehovah se aanbidders aangemoedig om dieselfde gees aan te leer.

Is jy heeltemal nugter?

Broer Geoffrey Jackson het verwys na tekste in die Christelike Griekse Geskrifte wat woorde gebruik wat letterlik “nugter” beteken. Hy het gewys hoe hierdie tekste prakties toegepas kan word. Hy het ook beklemtoon hoe belangrik dit is dat ons aanhou om “heeltemal helder van verstand [te bly]” (letterlik “om heeltemal nugter te wees”) gedurende hierdie laaste dae. – 1 Petrus 1:13.

Sal jy daarvoor sorg?

Broer Kenneth Cook het die jaarteks vir 2020 aangekondig. Dit is geneem uit Matteus 28:19: “Gaan dus en maak dissipels . . . , en doop hulle.” Hy het beklemtoon dat ons mense wat die regte hartstoestand het, moet help om hulle lewe aan Jehovah toe te wy en gedoop te word.

Geestelike programme soos die jaarvergadering help ons om aan te hou om ons beste te doen in ons diens aan Jehovah.

 

a Die jaarvergadering sal in Januarie 2020 op jw.org beskikbaar wees.