12 JULIE 2024
WÊRELDNUUS
Orkaan Beryl raak miljoene mense
Op 30 Junie 2024 het Beryl, ’n kategorie-3-orkaan, na die suide van die eiland Martinique in die Wes-Indiese Eilande beweeg. Die volgende dag het die storm erger geword en in ’n kategorie-4-orkaan ontwikkel. Dit het die Bowindse Eilande getref, wat Barbados, Grenada en Sint Vincent en die Grenadine insluit. Die dag daarna het dit Venezuela as ’n kategorie-5-orkaan getref. Toe het Beryl naby die suidkus van Jamaika verbygetrek. Op 5 Julie het die kragtige storm die Yucatán-skiereiland in Mexiko getref voordat dit na die suidelike deel van die Verenigde State beweeg het.
Die storm het swaar reën en sterk winde wat teen 270 kilometer per uur gewaai het, veroorsaak. Dit het huise, besighede en die infrastruktuur beskadig. ’n Hele paar miljoen mense wat in die gebiede woon wat geraak is, het nog steeds nie elektrisiteit, water en ander noodsaaklike dienste nie. Volgens berigte het meer as 30 mense hulle lewe verloor.
Hoe ons broers en susters geraak is
Martinique (Wes-Indiese Eilande)
Nie een van ons broers of susters is dood of beseer nie
6 verkondigers moes hulle huise verlaat
1 huis is heeltemal vernietig
1 huis is erg beskadig
1 huis is beskadig, maar nie te erg nie
Geen Koninkryksale is beskadig of vernietig nie
Bowindse Eilande
Nie een van ons broers of susters het gesterf nie
7 verkondigers is beseer
67 verkondigers moes hulle huise verlaat
39 huise is erg beskadig
31 huise is beskadig, maar nie te erg nie
1 Koninkryksaal is heeltemal vernietig
1 Koninkryksaal is erg beskadig
4 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie
Venezuela
Nie een van ons broers of susters is dood of beseer nie
30 verkondigers moes hulle huise verlaat
12 huise is erg beskadig
9 huise is beskadig, maar nie te erg nie
1 Koninkryksaal is erg beskadig
Jamaika
Nie een van ons broers of susters is dood of beseer nie
18 verkondigers moes hulle huise verlaat
24 huise is erg beskadig
75 huise is beskadig, maar nie te erg nie
19 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie
Mexiko
Nie een van ons broers of susters is dood of beseer nie
320 verkondigers moes hulle huise verlaat, maar hulle kon weer teruggaan na hulle huise toe
11 huise is beskadig, maar nie te erg nie
Geen Koninkryksale is beskadig of vernietig nie
Verenigde State
Nie een van ons broers of susters het gesterf nie
6 verkondigers is beseer
242 verkondigers moes hulle huise verlaat
4 huise is heeltemal vernietig
33 huise is erg beskadig
471 huise is beskadig, maar nie te erg nie
Geen Koninkryksale is beskadig of vernietig nie
Noodlenigingspogings
Kringopsieners en plaaslike ouermanne gee aanmoediging uit die Bybel en voorsien praktiese hulp aan dié wat deur die ramp geaffekteer is. Daar is ook ses Noodlenigingskomitees aangestel om toesig te hou oor die noodlenigingspogings.
Ons bid dat Jehovah sal aanhou om almal te vertroos wat gedurende hierdie moeilike tyd op hom vertrou. – 2 Korintiërs 1:3, 4.