20 NOVEMBER 2020
WÊRELDNUUS
Orkaan Eta tref Sentraal-Amerika, die Kaaimanseilande, die Bahamas, Jamaika, Mexiko en die Verenigde State
Plek
Sentraal-Amerika, die Bahamas, Grand Cayman-eiland, Jamaika, Mexiko en die suidooste van die Verenigde State
Ramp
Op 3 November 2020 het orkaan Eta, ’n kategorie-4-orkaan, Puerto Cabezas in Nicaragua getref en toe na ander dele van Sentraal-Amerika beweeg en ernstige skade aangerig
Ongelukkig is ’n nege-jarige kleinseun van ’n Getuie-paartjie in Tabasco, Mexiko, dood toe hy deur vloedwater weggespoel is
Orkaan Eta het ’n tropiese storm geword en na Grand Cayman-eiland, die Bahamas en Jamaika beweeg. Die storm het uiteindelik na die Golf van Mexiko en toe na die Verenigde State beweeg
Hoe ons broers en susters geraak is
Costa Rica
108 verkondigers moes hulle huise verlaat
7 verkondigers het al hulle besittings verloor
Guatemala
163 verkondigers moes aan die begin hulle huise verlaat; 85 verkondigers kon na hulle huise teruggaan
3 families het al hulle besittings verloor
1 familie en 3 verkondigers was op die eerste verdieping van hulle huis vasgekeer voordat hulle gered is
Honduras
1 984 verkondigers moes aan die begin hulle huise verlaat; ten minste 376 kon na hulle huise teruggaan
Jamaika
4 verkondigers moes hulle huise verlaat
Mexiko
In die state Chiapas en Tabasco moes 1 618 verkondigers hulle huise verlaat; 112 kon na hulle huise teruggaan
Nicaragua
238 verkondigers moes hulle huise verlaat; 232 kon na hulle huise teruggaan
Panama
27 verkondigers moes hulle huise verlaat; 6 kon na hulle huise teruggaan
Verenigde State
48 verkondigers moes hulle huise verlaat; 27 kon na hulle huise teruggaan
Skade aan eiendom
Bahamas
1 huis is beskadig
Costa Rica
3 huise is vernietig
6 huise is beskadig
Guatemala
2 huise is deur modderstortings vernietig
Honduras
7 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie
Nicaragua
73 huise is beskadig
Grand Cayman-eiland
4 huise is beskadig
1 Koninkryksaal is beskadig, maar nie te erg nie
Jamaika
50 huise is beskadig
1 Koninkryksaal is beskadig
Verenigde State
141 huise is beskadig
9 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie
Noodlenigingspogings
Die takkantoor in Sentraal-Amerika het drie Noodlenigingskomitees (DRC’s) aangestel, twee in Mexiko en nog een in Honduras, om die nodige noodlenigingswerk te organiseer. In die ander lande wat deur die ramp geraak is, is DRC’s aangestel om noodlenigingspogings te reël wat met COVID-19 verband hou. Hulle help ook met die noodlenigingswerk vir die storm
In die takkantoor se gebied van die Verenigde State help gemeentes sowel as die DRC’s wat as gevolg van COVID-19 aangestel is, met noodlenigingspogings
Kringopsieners in al hierdie gebiede gee aanmoediging uit die Bybel aan die families wat deur hierdie ramp geraak is
Plaaslike broers en susters in veilige gebiede kon blyplek en kos voorsien aan dié wat hulle huise moes verlaat
Die broers en susters volg al die veiligheidsmaatreëls vir die COVID-19-pandemie terwyl hulle die nodige noodlenigingswerk doen
Ten spyte van die verwoestende gevolge van die storm, moedig dit ons aan om te sien hoe ons broers en susters mekaar ondersteun. Ons weet dat ons God, Jehovah, ‘’n veilige skuilplek in hierdie moeilike tye’ sal wees. – Psalm 9:9.