Spring na inhoud

Orkaan Fiona het baie skade veroorsaak as gevolg van sterk winde en baie reën

26 SEPTEMBER 2022
WÊRELDNUUS

Orkaan Fiona tref die Karibiese Eilande

Orkaan Fiona tref die Karibiese Eilande

Op 18 September 2022 het orkaan Fiona Puerto Rico en eilande daar naby getref met rukwinde van tot 160 kilometer per uur en tot 75 sentimeter reën. Die storm het paaie en brûe vernietig, en duisende mense het sonder elektrisiteit gesit. Die skade aan die paaie en brûe maak dit moeilik vir die owerhede om kos, water en medisyne te voorsien aan mense wat deur die storm geraak is.

Hoe ons broers en susters geraak is

Puerto Rico, Sint Kitts en Nevis, Turks- en Caicos-eilande

  • Nie een van ons broers en susters het gesterf nie

  • 4 verkondigers is ligtelik beseer

  • 75 verkondigers moes hulle huise verlaat

  • 140 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 18 huise is erg beskadig

  • 1 huis is vernietig

Dominikaanse Republiek

  • Nie een van ons broers en susters het gesterf nie

  • 58 verkondigers moes hulle huise verlaat

  • 57 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 26 huise is erg beskadig

  • 2 huise is vernietig

  • 2 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

  • 2 Koninkryksale is erg beskadig

Guadeloupe en Martinique

  • Nie een van ons broers en susters het gesterf nie

  • 16 verkondigers moes hulle huise verlaat

  • 43 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • 2 huise is erg beskadig

  • 13 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie

Noodlenigingspogings

  • Kringopsieners en die plaaslike ouermanne het herdersbesoeke gedoen op gesinne wat geraak is en het praktiese hulp gegee

  • Reëlings is gemaak om die nodige dinge soos kos, water en medisyne te gee aan gesinne wat geraak is en om huise reg te maak

  • Alle noodlenigingspogings word in ooreenstemming met COVID-19-veiligheidsmaatreëls gedoen

Ons weet dat ons broers en susters wat deur hierdie storm geraak is, sal vertroos word deur die liefdevolle sorg wat hulle mede-gelowiges aan hulle betoon. – Handelinge 11:29.