4 OKTOBER 2022
WÊRELDNUUS
Orkaan Ian het baie verwoesting veroorsaak
Op 27 September 2022 het orkaan Ian verwoesting veroorsaak in Kuba voordat dit die volgende dag die suidweste van Florida as ’n kategorie-4-storm getref het. Orkaan Ian, een van die kragtigste storms wat die Verenigde State nog ooit getref het, het ’n windsterkte van tot 240 kilometer per uur bereik. Dit het buurte verwoes, wydverspreide kragonderbrekings veroorsaak, paaie en brûe erg beskadig en groot gebiede oorstroom terwyl dit stadig deur die staat getrek het totdat dit by die Atlantiese Oseaan gekom het. Dit het later die kus van Suid-Carolina getref.
Hierdie storm het veroorsaak dat meer as 12 000 verkondigers in Florida hulle huise moes verlaat.
Kringopsieners werk saam met verteenwoordigers van die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie om ouermanne by te staan wat in die onmiddellike behoeftes van die slagoffers voorsien.
Hoe ons broers en susters geraak is
Kuba
Ongelukkig het 1 broer gesterf
2 broers is ligtelik beseer
300 huise is beskadig, maar nie te erg nie
491 huise is erg beskadig
63 huise is vernietig
40 vergaderplekke is erg beskadig
1 byeenkomsplek is beskadig, maar nie te erg nie
3 byeenkomsplekke is erg beskadig
Florida
Nie een van ons broers of susters het in die storm gesterf nie
2 verkondigers is ligtelik beseer
5 874 verkondigers moes hulle huise verlaat
1 559 huise is beskadig, maar nie te erg nie
367 huise is erg beskadig
47 huise is vernietig
329 huise is veilig gemaak om in te bly
71 huise is herstel
38 teokratiese fasiliteite is beskadig, maar nie te erg nie
1 Koninkryksaal is erg beskadig
1 Byeenkomssaal is erg beskadig
Suid-Carolina
Nie een van ons broers of susters is beseer of het gesterf in die storm nie
35 verkondigers moes hulle huise verlaat
13 huise is beskadig, maar nie te erg nie
Noodlenigingspogings
Kringopsieners en plaaslike ouermanne gee geestelike en praktiese bystand aan families wat geraak is
14 tydelike noodlenigingsentrums is langs die ontruimingsroete in Florida opgestel om die broers en susters te help
Noodlenigingskomitees is in Florida en Kuba aangestel om toesig te hou oor die noodlenigingswerk
Alle noodlenigingspogings word in ooreenstemming met COVID-19-veiligheidsmaatreëls gedoen
Met ons broers en susters wat hulle mede-aanbidders gedurende hierdie tragiese gebeure help, kan ons sien hoe waar die woorde van die psalmis is: “Die een wat op Jehovah vertrou, word deur Sy lojale liefde omring.” – Psalm 32:10.