31 MAART 2020
WÊRELDNUUS
Ouer mense word gehelp om aan te hou preek en vergaderinge by te woon gedurende pandemie
Omdat daar ’n groot risiko is dat ouer mense baie siek kan word van die koronavirus, is ons ouer broers en susters wys deur gehoorsaam te wees aan die voorstelle van gesondheidsbeamptes om by die huis te bly. Maar hulle is nie afgesonder nie en bly besig. Hulle gebruik verskillende soorte tegnologie om deel te neem aan vergaderinge en die bediening.
In Rome, Italië, is daar ’n 94-jarige suster wat in 1952 gedoop is. Sy kon al voor die pandemie nie haar huis verlaat nie. Hoewel sy die vergaderinge op JW Stream gekyk het, kon sy al ’n hele tyd lank nie haar eie gemeente se vergaderinge kyk nie. Maar noudat die plaaslike ouermanne gereël het om vergaderinge te hou deur middel van videoverbinding, is dit vir haar moontlik om almal in die gemeente te sien en haar plaaslike vergaderinge te hoor.
In Spanish Fork, Utah, VSA, woon suster Stephanie Aitken, wat doof is, in ’n verpleeginrigting. Hulle laat nie op die oomblik besoekers toe nie. Een ouerman en sy vrou het die suster gehelp om ’n videoverbinding-app op haar tablet te installeer. Hulle het vir haar instruksies in gebaretaal deur die glasdeur van die inrigting gegee. Toe suster Aitken suksesvol die app geïnstalleer het, het sy haar tablet styf teen haar vasgedruk. Sy is dankbaar dat sy met haar gemeente kan kommunikeer.
Broers en susters regoor die wêreld, insluitende ons ouer mense, gebruik tegnologie om aan te pas by die moeilike situasie van hierdie gesondheidskrisis. Dit herinner ons aan Jehovah se belofte dat sy volk goed gebruik sal maak van “die melk van nasies” (Jesaja 60:16). Ons weet dat hy altyd sal word wat sy aardse knegte nodig het in moeilike tye.
’n Paartjie in Swede (bo links), ’n broer in Frankryk (links onder) en ’n paartjie in Suid-Korea (regs) neem deel aan gemeentelike vergaderinge
’n Paartjie in Noorweë neem deel aan telefoongetuieniswerk
’n Paartjie word aangemoedig deur ’n herdersbesoek in Italië