Spring na inhoud

Ramapo se dorpsraad gedurende hulle vergadering op 28 Desember 2022

9 JANUARIE 2023
WÊRELDNUUS

Hoofkwartierprojek by Ramapo

Ramapo se dorpsraad keur spesiale permit goed

Ramapo se dorpsraad keur spesiale permit goed

Op 28 Desember 2022 het Ramapo se dorpsraad ’n spesiale permit goedgekeur vir die Ramapo-bouprojek. a Hierdie spesiale permit laat toe dat ons die grond gebruik om kantoorgeboue, studio’s en woongeboue te bou wat ons nodig het. Ons kan nou ook die bome van die eiendom verwyder voordat die dorp se beplanningsraad die volgende fase van ons projek goedkeur. Daar word verwag dat dit later in 2023 sal gebeur. Hierdie spesiale permit sal keer dat daar nie groot vertragings met die projek sal wees nie.

Broer David Soto, wat op die Bouprojekkomitee dien, sê: “Ons is bly dat ons hierdie onlangse goedkeuring gekry het. Hoewel daar nog stappe is wat geneem moet word voordat ons met die konstruksie van die projek kan begin, is ons oortuig dat Jehovah sal aanhou om ons pogings te seën.”

Tydlyn vir Ramapo-bouprojek

  1. 5 Oktober 2019

    Die Bestuursliggaam kondig planne aan om ’n nuwe fasiliteit op ’n eiendom in Ramapo, New York, te bou sodat alle mediaproduksie op dieselfde plek kan wees

  2. 26 Junie 2020

    Formele voorlegging ingedien by Ramapo se dorpsraad

  3. 8 Julie 2020

    Eerste projekvergadering word gehou met Ramapo se dorpsraad

  4. 31 Maart 2021

    Eerste omgewingsimpakverklaring ingedien

  5. 8 Maart 2022

    Beplanningsraad van die dorp Tuxedo gee ’n permit wat toelaat dat die ingang van die Ramapo-eiendom uitgebrei en verander kan word

  6. 12 Maart 2022

    Finale omgewingsimpakverklaring aanvaar

  7. 9 November 2022

    Ramapo se dorpsraad keur ’n nuwe wet goed wat ons sal toelaat om die eiendom vir kantore en woongeboue te gebruik

  8. 28 Desember 2022

    Ramapo se dorpsraad gee goedkeuring vir ’n spesiale permit wat toelaat dat ons kantore en woongeboue kan bou en die bome van die eiendom kan verwyder

  9. Wat nog moet gebeur

    Goedkeuring van finale bouplanne

a Hierdie goedkeuring volg op die besluit van Ramapo se dorpsraad op 9 November 2022, wat dit moontlik maak om terselfdertyd aansoek vir die spesiale permit te doen en om goedkeuring vir die bouplanne te kry.