Spring na inhoud

28 MAART 2023
WÊRELDNUUS

Sikloon Freddy veroorsaak verwoesting in Oos-Afrika

Sikloon Freddy veroorsaak verwoesting in Oos-Afrika

Sikloon Freddy het onlangs Oos-Afrika getref, een van die tropiese siklone wat op rekord die langste aangehou het. Nadat dit vroeg in Februarie 2023 begin het, het dit ’n hele paar lande getref. Op 21 Februarie 2023 het dit Madagaskar getref en ’n paar dae later oor die Mosambiek-kanaal getrek, waar dit Mosambiek en Malawi getref het. Die storm het aanhou groei, en op 11 Maart 2023 het dit Mosambiek ’n tweede keer getref. Baie provinsies in Madagaskar, Malawi en Mosambiek is daardeur geraak. In hierdie gebiede het sterk wind en swaar reën oorstromings veroorsaak wat huise beskadig het en tot die dood van meer as 500 mense, insluitende ’n hele paar van ons broers en susters, gelei het. Duisende mense moes ook hulle huise verlaat.

Tot en met 27 Maart 2023 is die volgende getalle gerapporteer. Hierdie syfers is gebaseer op bevestigde verslae van die plaaslike broers. Maar die getalle kan verskil omdat die broers nog besig is om vas te stel hoeveel skade aangerig is in plekke wat moeilik is om te bereik.

Hoe ons broers en susters geraak is

Madagaskar

  • 256 verkondigers en ander lede van hulle gesinne moes hulle huise verlaat

  • 8 huise is vernietig

  • 29 huise is beskadig

  • 3 Koninkryksale is beskadig

Malawi

  • Ongelukkig het 8 verkondigers gesterf en 6 word nog vermis

  • 3 verkondigers is beseer

  • Ten minste 4 300 verkondigers en ander lede van hulle gesinne moes hulle huise verlaat

  • 821 huise is vernietig

  • 174 huise is beskadig

  • 20 Koninkryksale is beskadig

Mosambiek

  • Ongelukkig het 1 verkondiger gesterf en 1 word nog vermis

  • 880 verkondigers en ander lede van hulle gesinne moes hulle huise verlaat

  • 248 huise is vernietig

  • 185 huise is beskadig

  • 7 Koninkryksale is beskadig

Noodlenigingspogings

  • Baie gebiede wat geraak is, kan nog nie bereik word nie

  • Noodlenigingskomitees voorsien blyplek, kos, water en voorrade aan diegene wat geraak is

  • Naby Chókwè, Mosambiek, moedig ’n lid van die Takkomitee ’n groep broers en susters aan wat hulle huise moes verlaat

    In Mosambiek is ’n kamp in die Gaza-provinsie opgerig wat tydelike blyplek aan 167 verkondigers en gesinslede voorsien wat skuiling by ’n Byeenkomssaal gesoek het. Nog honderde ander bly in Koninkryksale of privaat huise regdeur die hele streek

  • Ten minste 16 huise is al reeds herstel

  • Lede van die Takkomitee, kringopsieners en plaaslike ouermanne besoek gesinne om uit te vind wat hulle nodig het en om hulle te vertroos

Selfs in hierdie moeilike omstandighede hou die broers en susters wat geraak is, nog hulle vergaderinge, waar dit moontlik is, en moedig hulle mekaar aan. Ons is seker daarvan dat Jehovah hulle “die krag wat bo die normale is,” sal gee wat hulle sal help om te volhard. – 2 Korintiërs 4:7.