Spring na inhoud

8 MEI 2024
WÊRELDNUUS

Swaar reën in Kenia en Tanzanië veroorsaak oorstromings

Swaar reën in Kenia en Tanzanië veroorsaak oorstromings

Gedurende April 2024 het swaar reën in Kenia en Tanzanië geweldige oorstromings veroorsaak. Meer as 185 000 mense in Kenia moes hulle huise verlaat en ongeveer 200 het gesterf. In Tanzanië moes omtrent 200 000 mense hulle huise verlaat en amper 200 mense het gesterf. Nog swaar reën word in die komende weke verwag.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Ongelukkig het 1 suster en haar dogter gesterf

  • 59 verkondigers moes hulle huise verlaat

  • 14 huise is beskadig

  • 3 Koninkryksale en 1 teokratiese skoolfasiliteit is beskadig

Noodlenigingspogings

  • Kringopsieners en plaaslike ouermanne gee geestelike en praktiese hulp aan dié wat deur die oorstromings geraak is

Ons bid vir ons broers en susters wat deur hierdie natuurramp geraak is. Al lewe ons in moeilike tye, weet ons dat ons binnekort ‘niks sal vrees nie, en dat niks vir ons angs sal veroorsaak nie’. – Jesaja 54:14.