Spring na inhoud

11 OKTOBER 2013
WÊRELDNUUS

Nuwe toepassing vir Bybelstudie—JW Library

Nuwe toepassing vir Bybelstudie—JW Library

Op 7 Oktober 2013 het Jehovah se Getuies die toepassing vir Bybelstudie, JW Library, vrygestel. Hierdie nuwe toepassing stel gebruikers in staat om die hersiene uitgawe van die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif (2013) in Engels en vyf ander Bybelvertalings te lees, insluitende die American Standard Version en die King James Version. Toekomstige weergawes sal gebruikers in staat stel om Bybelse boeke, tydskrifte en brosjures af te laai en te bestudeer. JW Library is nou beskikbaar vir iPad®, iPhone® en iPod touch® en toestelle wat Android™ 2.3 en nuwer weergawes daarvan gebruik en vir rekenaars en tablette wat Windows 8 gebruik. ’n Weergawe vir Windows Phone 8 sal binnekort beskikbaar wees.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000