Spring na inhoud

6 MAART 2018
WÊRELDNUUS

Getuies hou ’n jaarlikse kampanje om die publiek uit te nooi na die Herdenking van Christus se dood

Getuies hou ’n jaarlikse kampanje om die publiek uit te nooi na die Herdenking van Christus se dood

Op 3 Maart 2018 het Jehovah se Getuies met ’n wêreldwye kampanje begin om uitnodigings uit te gee vir die Here se Aandmaal, wat ook bekend staan as die Herdenking van Christus se dood. Getuies in 240 lande sal op 31 Maart bymekaarkom vir die geleentheid wat hulle as die belangrikste van die jaar beskou. Die publiek word ook uitgenooi om ’n spesiale Bybeltoespraak by te woon met die titel “Jesus Christus — Wie is hy werklik?” wat gedurende die week van 19 Maart gegee sal word.

David A. Semonian, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies, sê: “In 2017 het meer as 20 miljoen mense die Gedenkmaal bygewoon en omtrent 12 miljoen van hulle was nie Getuies nie. Die Gedenkmaal is nie net ’n betekenisvolle jaarlikse geleentheid vir Jehovah se Getuies nie, maar ook vir miljoene besoekers wêreldwyd. Ons wil graag hê dat almal ’n uitnodiging moet kry om hierdie geleentheid by te woon by ’n plek naby hulle.”

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000