Spring na inhoud

11 OKTOBER 2013
WÊRELDNUUS

Hersiene Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif in Engels

Hersiene Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif in Engels

Gedurende ’n spesiale vergadering wat op 5 Oktober 2013 gehou is, het Jehovah se Getuies die vrystelling van ’n hersiene uitgawe van die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif in Engels aangekondig. Die huidige New World Bible Translation Committee het op veranderinge in die moderne taal gereageer deur dit in die teks aan te bring en sekere Bybelse uitdrukkings te verduidelik, wat dit makliker maak om te lees en te verstaan. Na aanleiding van verdere ondersoek van die Dooie See-rolle en ander antieke manuskripte kom die goddelike naam op ses bykomende plekke in hierdie hersiene uitgawe voor: Rigters 19:18; 1 Samuel 2:25; 6:3; 10:26; 23:14; 23:16. ’n PDF van die gedrukte uitgawe asook ’n elektroniese weergawe in die nuwe toepassing, JW Library, kan gratis afgelaai word by www.pr418.com.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000