30 MAART 2017
WÊRELDNUUS
Getuies maak gereed vir belangrike openbare geleenthede in 2017
NEW YORK—Jehovah se Getuies nooi die publiek uit om saam met hulle gedurende 2017 belangrike geleenthede by te woon.
Op Dinsdag 11 April 2017 sal Getuies regoor die wêreld mense verwelkom by hulle jaarlikse herdenking van die Here se aandmaal, wat ook die Herdenking van Christus se dood genoem word. Hulle is besig met ’n spesiale kampanje wat op Saterdag 18 Maart 2017 begin het en wat op 11 April 2017 sal eindig. Hulle gebruik gedrukte uitnodigings met besonderhede oor waar die geleentheid plaaslik gehou gaan word om soveel mense as moontlik persoonlik na die herdenking uit te nooi. Dit is vir die Getuies die belangrikste geleentheid van die jaar.
Die Getuies gaan die publiek ook uitnooi na ’n Bybeltoespraak van 30 minute met die tema “Hoe om vrede aan te kweek in ’n wêreld vol woede.” Hierdie belangrike toespraak sal deel wees van ’n openbare vergadering oor die naweek van 15 en 16 April wat by die meeste Koninkryksale van Jehovah se Getuies aangebied sal word.
Vanaf 19 Mei 2017 sal Jehovah se Getuies begin om hulle jaarlikse streekbyeenkomste te hou. Die tema van hierdie driedaagse byeenkomste is “Moenie opgee nie!” Dit sal in die Verenigde State begin en tot vroeg in 2018 by verskillende plekke regoor die wêreld aangebied word. In elke plek waar die byeenkoms gehou gaan word, sal die Getuies deelneem aan ’n kampanje van drie weke om die publiek uit te nooi om dit by te woon.
Hierdie geleenthede, en ander vergaderinge van Jehovah se Getuies, word gratis aangebied. Die media kan gerus die plaaslike takkantoor van Jehovah se Getuies kontak as hulle oor hierdie geleenthede wil berig lewer.
Mediaverteenwoordiger:
David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000
Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000