16 MEI 2017
WÊRELDNUUS
Getuies begin met reeks streekbyeenkomste
NEW YORK—Jehovah se Getuies het op 19 Mei 2017 met hulle reeks streekbyeenkomste begin met die tema “Moenie opgee nie!” Hierdie drie dae lange program sal tot vroeg in 2018 wêreldwyd in verskillende plekke gehou word. Soos gewoonlik neem die Getuies ook deel aan ’n wêreldwye kampanje om mense persoonlik te nooi om die byeenkoms by te woon.
Toegang is gratis by hierdie geleenthede en geen kollektes sal opgeneem word nie. David A. Semonian, ’n woorvoerder van Jehovah se Getuies by die wêreldhoofkwartier in Warwick, New York, sê: “Verlede jaar het byna dertien miljoen mense ons streekbyeenkomste wêreldwyd bygewoon. Hierdie jaar verwag ons dat selfs meer mense die byeenkoms sal bywoon.”
Die program bestaan uit 52 dele wat kort toesprake, onderhoude en video’s sal insluit. Daar sal elke middag een deel gewys word van ’n driedelige vollengte film met die titel “Dink aan die vrou van Lot”. Die datum en plek waar elke streekbyeenkoms gehou sal word kan op die Getuies se amptelike webwerf, jw.org, gevind word. Joernaliste wat oor die streekbyeenkoms verslag wil lewer kan in verbinding tree met die naaste takkantoor van Jehovah se Getuies vir meer inligting en ook die naam van ’n plaaslike mediaverteenwoordiger.
Mnr. Semonian sê verder: “Uitdagings in die lewe kan ons van ons vrede beroof en ons selfs laat voel dat ons wil opgee. Ons streekbyeenkoms hierdie jaar sal Getuies en ook mense wat nie Getuies is nie, bevoordeel, want dit sal nie net mense aanspoor om te volhard nie, maar hulle ook help om probleme suksesvol te oorkom.”
Mediaverteenwoordiger:
David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000
Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000