Spring na inhoud

20 MAART 2014
WÊRELDNUUS

Jehovah se Getuies begin met ’n wêreldwye kampanje om mense na die Herdenking van Christus se dood te nooi

Jehovah se Getuies begin met ’n wêreldwye kampanje om mense na die Herdenking van Christus se dood te nooi

NEW YORK—Op Saterdag 22 Maart 2014 het Jehovah se Getuies begin met ’n wêreldwye kampanje om mense te nooi na ’n geleentheid wat die Getuies as die belangrikste geleentheid van die jaar beskou—die Herdenking van Christus se dood. Verlede jaar het 19 241 252 mense hierdie spesiale herdenking bygewoon. Die Getuies hoop om ’n nuwe opkomshoogtepunt vir hierdie jaar se herdenking te bereik, wat op Maandag 14 April, ná sononder, gehou sal word.

“Ons is seker dat almal wat die Herdenking [van Christus se dood] saam met ons gaan bywoon, hierdie geleentheid sal geniet en daarby sal baat vind”, sê J.R. Brown, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies by hulle wêreldhoofkwartier in New York. “Hierdie vooruitsig spoor ons aan om soveel mense as moontlik te nooi om hierdie heilige geleentheid saam met ons by te woon.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000