Spring na inhoud

20 MAART 2015
WÊRELDNUUS

Twintigmiljoen word verwag by die Getuies se jaarlikse geleentheid

Twintigmiljoen word verwag by die Getuies se jaarlikse geleentheid

NEW YORK—Ná sononder op Vrydag 3 April 2015 sal Jehovah se Getuies die Herdenking van Christus se dood bywoon, wat vir hulle die belangrikste geleentheid van die jaar is. Die Herdenking sluit ’n openbare toespraak van 45 minute in met die titel “Waardeer wat Christus vir jou gedoen het!” Gedurende die weke voor hierdie spesiale geleentheid sal die Getuies aan ’n wêreldwye kampanje deelneem om hulle bure, vriende en familielede te nooi om dit by te woon.

J.R. Brown, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies by hulle wêreldhoofkwartier in Brooklyn, New York, sê: “Verlede jaar het sowat 8 miljoen Getuies van Jehovah hulle ingespan om die publiek na die Herdenking van Christus se dood te nooi, en byna 20 miljoen het dit bygewoon. Ons verwag dat selfs meer mense vanjaar hierdie geleentheid sal bywoon.”

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000