Spring na inhoud

30 APRIL 2015
WÊRELDNUUS

Jehovah se Getuies kondig 2015-streekbyeenkomsreeks aan wat in Mei begin

Jehovah se Getuies kondig 2015-streekbyeenkomsreeks aan wat in Mei begin

NEW YORK—Jehovah se Getuies begin op 22 Mei met hulle 2015-streekbyeenkomsreeks in die Verenigde State. Die “Volg Jesus na!”-streekbyeenkomste vir 2015 sal wêreldwyd tot Januarie 2016 gehou word. Oral waar byeenkomste gehou sal word, sal die plaaslike Getuies ’n kampanje van drie weke loods om die publiek te nooi om die program gratis by te woon.

“Vanjaar se byeenkomstema vestig die aandag op Jesus Christus as ’n wêreldbekende persoon wat ’n positiewe rolmodel is vir mense van alle ouderdomme, agtergronde en kulture”, sê J.R. Brown, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies by hulle wêreldhoofkwartier in Brooklyn, New York. “Ons glo dat die publiek die nuwe manier sal geniet waarop betekenisvolle gebeure in Jesus se lewe voorgestel sal word. Vanjaar se program sal gekenmerk word deur betekenisvolle en opwindende video’s wat sal toon hoe ons daarby kan baat vind as ons Jesus in ons alledaagse lewe navolg.”

Presiese datums en vergaderplekke vir die “Volg Jesus na!”-streekbyeenkomste vir 2015 kan op die Getuies se amptelike webwerf, jw.org, gevind word. Joernaliste kan in verbinding tree met die naaste takkantoor van Jehovah se Getuies vir meer inligting, insluitende die naam van ’n plaaslike mediaverteenwoordiger vir joernaliste wat oor die streekbyeenkoms verslag wil lewer.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J.R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000